www.bybelkennis.co.za Blog
Geloofsvrae: Menseregte: Weerstand teen menseregte – Adrio König
Menseregte: Weerstand teen menseregte
In Suid-Afrika het die weerstand teen menseregte veral gekom van sekere witmense wat al die jare omtrent alle menseregte geniet het maar duidelik gehuiwer het by die gedagte dat alle mense in dié regte moet deel.
Laat sy Liefde jou Lei: Foute-verkleinglas – Milanie Vosloo
Foute-verkleinglas
En hoe sien jy die splintertjie in jou medemens se oog raak, maar jy merk die yslike stomp in jou eie oog nie op nie? Matteus 7:3
Geloofsvrae: Menseregte: Geskiedenis – Adrio König
Menseregte: Geskiedenis
Die begrip menseregte is maar net ‘n paar eeue oud. Die eerste verklaring van menseregte het in 1776 in die staat Virginia in die latere VSA verskyn. Die volgende jaar is die begrip menseregte opgeneem in die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring, en dertien jaar later in die Franse Deklarasie van Menseregte. Basies in hierdie eerste verklarings van menseregte was die vryheid en gelykheid van alle mense.
Geloofsvrae: Die onderdanigheid van die vrou – Adrio König
- Die onderdanigheid van die vrou
Daar is minstens twee groepe uitsprake in die Nuwe Testament oor die posisie van die vrou. Daar is ‘n paar sterk wederkerigheidsuitsprake (soos Gal 3:28 en 1 Kor 7:1-16), en daar is ‘n aantal sterk uitsprake oor die onderdanigheid van die vrou (soos 1 Kor 11:3-16; 14:33-36; Ef 5:21-32; Kol 3:18-19; 1 Tim 2:8-15; Tit 2:4-5; 1 Pet 3:1-7). Kan hulle sinvol met mekaar in verband gebring word, of moet ‘n mens uiteindelik tussen hulle kies?