Category: Bybelse Temas en Sake
Voedselsoorte en Etes (5) – Interessante Bybelgedeeltes – Hennie Stander
Sout van die aarde (Matteus 5:13)
Jesus noem die Christene hier “die sout van die aarde.” Soos ons reeds in hierdie hoofstuk gesien het, is sout gebruik om of smaak aan kos te gee, of om kos te preserveer, Of dit is vir die genesende krag daarvan gebruik, en verder het dit ook ‘n rol by verbond- of vriendskapsluiting gespeel. Wanneer Jesus egter die Christene met sout gelykstel, verwys Hy waarskynlik na die “deurtrekkende” funksie van sout. Net soos sout alles deurtrek, so moet ook die Christene in die wêreld wees: hulle moet hul invloed deeglik laat geld.
Die eerste brief van Johannes: Breek met die sonde. Die eerste vereiste om in die lig te kan lewe: verwerp sonde (vervolg) (b) breek met sonde (2:1-2) – Francois Malan
2:1 Anders as in die vorige twee pare sinne in 1:8-9, begin die antwoord hier negatief: hy skryf hierdie brief om enige sondige gedrag te ontmoedig. Daarna kom die ‘Maar as…’ sin.
Hy spreek sy lesers nou direk aan as ‘my liewe kindertjies’ (teknia klein kindertjies as ‘n lieflingsnaam; vgl. Jn 13:33) nie bloot kinders (tekna) of ‘my kinders’ nie – daarmee word sy intieme verhouding met die gemeentes uitgedruk. Hy gebruik ook die eerste persoon ‘Ek skryf aan julle’ waar hy tot nou toe die meervoud ‘ons’ gebruik het, waarmee hy soms verwys na hulle apostels se verkondiging, en hom soms identifiseer met die gemeente se probleem.
Is alle voedsel rein? – Marius Nel
Martie vra:
In Levitikus 11 het God gesê daar is diere wat mens nie mag eet nie, wat onrein is, maar in Romeine 14:20 “Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ’n mens om te eet as dit tot aanstoot is.” Sê die Skrif alles is wel rein? Kan u my dalk dit verduidelik asb?
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Vodeselsoorte en Etes(4) – Hennie Stander
Aan tafel
In die Ou en Nuwe Testamentiese tye het die gebruike wat die etenstafel betref, baie gewissel. In antieke Palestina is bloot ‘n vel van diere op die grond oopgesprei en dit het dan as tafel gedien. In latere tye is daar egter ook by ‘n lae tafel aangesit. In die middel was ‘n gemeenskaplike pot waarin elkeen sy brood gedoop het (Spreuke 26:15; Markus’ 14:20; Johannes 13:26). Toe Rut saam met die snyers geëet het, het sy dit op hierdie wyse gedoen (Rut 2:14).