www.bybelkennis.co.za Blog
“A Christian community should do as Jesus did: propose and not impose. Its attraction must lie in the radiance cast by the love of brothers.” ~Jean Vanier
Die duiwel het my dit laat doen!
Ek het pas gesondig. Het die duiwel my dit laat doen? Ons lees: Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam (2 Timoteus 2:26). Hier verwys Paulus na dwaalleraars. Hy verwys ook na ouderlinge wat maar onlangs tot geloof gekom het en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland … en hy in die strik van die duiwel beland nie (1 Timoteus 3:6 – 7).
Die wêreld sal hulle haat (15:18-16:4a) – Francois Malan
15:18-19 Na die aanwysings vir Jesus se volgelinge se lewe met mekaar, word die blik gerig op die wêreld waarin Jesus hulle stuur om sy bediening deur hulle voort te sit. In dié twee verse kom die woord ‘die wêreld’ ses maal voor. Daarmee word verwys na die vyandige mag, die owerste van hierdie wêreld (Joh. 12:31), wat hom stel teenoor die koninkryk van die lig (vgl. die koninkryk van die Satan/Beëlsebul teenoor die koninkryk van God in Mat 12:25-28).
Bly in die ware wingerdstok en sy liefde (15:7-17) – Francois Malan
15:7 Verse 7-10 verduidelik die betekenis van bly in Jesus. In verse 1-6 het die klem geval op geloof wat op Christus vertrou, jou lewe oopmaak vir Christus, en te lewe in gemeenskap met Christus. Vers 7 beklemtoon bly in die woorde van Christus, die openbaring van God, wat Hy, as die Woord van God, gebring het. Om daarin te bly beteken dat ons sy woord aanvaar as die mag wat ons lewe rig en aandryf (vgl. Kor 5:14 die liefde van Christus dwing ons…). So‘n gelowige kan seker wees dat sy gebede beantwoord sal word, want sy gebede sal gerig wees deur die begeerte om te dien in die koninkryk van God, waar God regeer met sy woorde in ons – v4 sê: Jesus is self in ons. So word die skatkamers van ons Hemelse Vader oopgestel vir elkeen wat ‘Hom deur die Gees en in waarheid aanbid’ (Jn 4:24; vgl. 14:13-14 in sy Naam vra…sodat die Vader verheerlik word).
Jesus as die ware wynstok (15:1-17) – Francois Malan
In die eerste afskeidsrede (hoofstukke 13-14) wou Jesus sy dissipels voorberei vir die verskriklikheid wat op Hom wag, sodat hulle nie hulle geloof in Hom verloor nie. In tweede afskeidsgesprek (hoofstukke 15-16) is die tema die lewendige gemeenskap tussen Christus en sy volgelinge en die betekenis daarvan as die grond vir die bestaan van sy volgelinge. Baie van die temas in 13-14 kom weer voor in 15-16.