www.bybelkennis.co.za Blog

Geloofsvrae: Eienskappe van die kerk: Christelikheid of apostolisiteit

Geloofsvrae: Eienskappe van die kerk: Christelikheid of apostolisiteit – Adrio König

Christelikheid of apostolisiteit

Hierdie twee woorde kom uit twee verskillende belydenisse. Volgens die Apostoliese Geloofsbelydenis bely ons `een, heilige, algemene, Christelike kerk,’ maar volgens die belydenis van Nicea `een, heilige, algemene en apostoliese kerk.’ Beide begrippe wil sê waar die kerk vandaan kom. Ons kom van Christus af, en wel deur die apostels.

Geloofsvrae: Eienskappe van die kerk: Heiligheid

Geloofsvrae: Eienskappe van die kerk: Heiligheid – Adrio König

Heiligheid

Die heiligheid van die kerk beteken minstens twee dinge: afgesonderd vir God, en vry van sonde. Om afgesonderd te wees vir God beteken om by Hom te pas. Hy is heilig, en daarom moet sy volk ook heilig wees (1Pet 1:15-16). In die OT is besondere nadruk gelê op kultiese heiligheid: die tempel moes heilig wees, en ook die priesters, hulle klere, die offers, die instrumente wat in die tempel gebruik is. Daar was ‘n groot aantal seremonies wat mense moes nakom om hulle weer te heilig as siekte of onrein voorwerpe hulle onrein gemaak het.

Geloofsvrae: Die eienskappe van die kerk: Eenheid

Geloofsvrae: Die eienskappe van die kerk: Eenheid – Adrio König

Die eienskappe van die kerk

1  Eenheid

Die eenheid van die kerk het in die 20e eeu sterk onder die aandag gekom. Die kerk oor die hele wêreld het in die eeue wat verby is, ‘n tragiese verskeurde vorm aangeneem. Die Protestantisme het ‘n nuwe regverdigingsleer uit Paulus se prediking ontwikkel, maar nie ‘n bevredigende leer oor die kerk nie.