www.bybelkennis.co.za Blog
Hoe bou ek ‘n verhouding? (Deel 1) – Wynand de Wet en Anna Steyn
Verhoudings is deel van die mens se lewe. Die voorvereiste vir ʼn gelukkige verhouding is ʼn persoonlike verhouding met God. Om my te help om my lewensmaat te kies, kan die identifisering van sekere “gemeenskaplikhede” my help. Emosionele gemeenskaplikhede mag egter problematies wees.
Argeologie – Watersisteme – Daan Pienaar
Een van die belangrikste kommoditeite in dié relatief droë gebied bekend as Siro-Palestina, is water. Dit figureer betekenisvol in die lewe van die mense van die Bybel en daar kan geen ernstiger saak vir hulle wees nie as die gebrek aan water (vgl. 1 Konings 17; Jeremia 14:1-6; Joël 1:20; Haggai 1:11). Dit is die rede waarom water so dikwels in die Bybel genoem word (vgl. Genesis 18:4; 24:16 vv.; Numeri 20; Psalm 23; 42 ens.).
Spreuke 26:4 – 5 – Marius Nel
Rudi Potgieter vra:
Spreuke 26 vers 4 & 5 is vir my verwarrend. Is dit dalk verkeerd vertaal?
Is my siekte ‘n gevolg van my sonde? – Kobus Kok
Vraag:
Ek wil graag weet wat julle verstaan onder geloofsgenesing. Ek kry op die oomblik te doen met heelwat sienings dat as jy siek is jy of oorkom is met sonde, of deur ‘n gees besete is of God uit jou lewe verwerp het.