Daar is seker in die teologie of kerk nie nóg ‘n onderwerp waaroor meer verskil word as die doop nie. Waarskynlik sal dit ook nie baie anders in hierdie kring wees nie. Ek gaan ook nie nou poog om ‘n breedvoerige teologiese daarstelling van die doop met al die tersaaklike probleme te bied nie, maar gaan ‘n soort van klankbord daarstel waarteen die twee voorgestelde formuliere geresoneer kan word.
Daniël ontvang die uitleg in Daniël 2, in ‘n nagtelike visioen. Hy prys die God van die hemel hiervoor: lees gerus Daniël 2:20-23. In sy loflied vertel hy waarom die droom gaan.
Die wêreld staan aan die begin van ‘n nuwe millenium. En die Kerk van die Here Jesus deel met die wêreld ‘n infeksie wat tot hoë koors lei – milleniumkoors. ‘n Koors waar die postmoderne mens yl dat die derde millenium na Christus die oplossing van al sy ekologiese en finansiële probleme gaan sien. Die Kerk soek ook na ‘n oplossing – hy plaas sy hoop weer op die wederkoms.
Ons tyd sien ‘n groot belangstelling in engele. Televisie-reekse word aan die onderwerp gewy, en talle boeke verskyn maandeliks wat vertel van mense se ervaring met dié bonatuurlike wesens. Moet Christene bly wees oor dié nuwe belangstelling?