www.bybelkennis.co.za Blog

Jy moet jou vyande liefhê

Am I not destroying my enemies when I make friends of them? -Abraham Lincoln, 16de President van die VSA  (1809-1865)

Jy moet jou vyande liefhê

In Matteus 5 kry ons ‘n hele aantal teenstellings. Hulle volg ‘n geykte patroon: Julle het gehoor dat daar gesê is … maar Ek sê vir julle. In Matteus 5:43 – 48 kry ons nog so ‘n teenstelling.

 Kom ons begin voor. Jesus se etiek vloei uit die wet en profete. Hy het nie gekom om die wet en profete ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry (5:17 – 18). Wat Jesus wel doen is om die wet en profete te verdiep. Maar die middelpunt van sy etiek bly steeds die liefde.

 In 5:43 – 48 kry ons die laaste van Jesus se teenstellings in hierdie hoofstuk. Jesus haal hier ‘n spesifieke Ou Testamentiese teks aan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Levitikus 19:18). Maar dan voeg Hy iets by: en jou vyand moet jy haat. Hierdie kom nie uit die Ou Testament nie, maar is ‘n afleiding wat baie mense gemaak het: as jy jou naaste liefhet, beteken dit dat jy jou vyande moet haat.

Sy liggaam word in die graf gelê

Sy liggaam word in die graf gelê – Francois Malan

19:38 Die Romeine het die liggame van gekruisigdes aan die kruis laat bly vir die aasvoëls. Op versoek van familie is liggame aan hulle gegee vir begrafnis, maar nie as dit die lyk van ‘n opstandeling was nie. Die Jode het ‘n aparte begraafplek  buite die stad gehad vir die lyke van veroordeeldes, uit vrees dat dit die familie-grafte sal verontreinig. Daarom het hulle versoek in 19:31 geïmpliseer dat Jesus se liggaam in die gemeenskapsgraf vir veroordeeldes gegooi word. Simon van Sirene, ‘n geheime volgeling van Jesus (Mat.27:51), het gaan vra om Jesus se liggaam te begrawe. Pilatus het dit goedgekeur omdat hy oortuig was van Jesus se onskuld. Die ander Evangelies vertel dat hy ‘n ryk (Mat.27:57) en lid van die Sanhedrin was, wat uitgesien het na die koms van die koninkryk van God (Mark. 15:43)  en nie saamgestem het met die Raad se besluit en optrede teen Jesus nie (Luk.23:50-51). Jesus se dood laat hom openlik na vore kom en sy verbondheid aan Jesus betuig.

‘n Nuwe Kategismus; Vraag 52

 Satan is eager either to tear us by any means [necessary] from the Church, or stealthily to seduce us from it.  – John Calvin

‘n Nuwe Kategismus; Vraag 52

[Hierdie is die laaste vraag en antwoord – daar is een vir elke week van die jaar.]

Vraag:

Watter hoop hou die ewige lewe vir ons in

Antwoord:

Dit herinner ons daaraan dat die huidige gevalle wêreld nie al is wat daar is nie; binnekort sal ons saam met God leef en Hom vir altyd in die nuwe stad, die nuwe hemel en die nuwe aarde  geniet. Daar sal ons volledig en vir altyd van sonde vrygemaak word en sal nuwe opstandingsliggame kry in ‘n nuwe herstelde skepping. [Onderstreepte gedeeltes is die antwoord vir kinders.]

Ek het ‘n angsversteuring. Hoe nou?

Are the things you are living for worth Christ dying for?” (Leonard Ravenhill).

 Ek het ‘n angsversteuring. Hoe nou?

Daar is baie mense wat met ‘n angsversteuring sukkel – hulle is bang vir alles. Almal van ons is soms bekommerd en bang. Soms is dit so erg dat dit my dag tot dag lewe beïnvloed. Hierdie sogenaamde algemene angsversteuring is dikwels sonder dat ‘n ooglopende oorsaak teenwoordig is.

 Dit beïnvloed vroue twee maal meer as mans. Dit mag wissel van frustrerende gedagtes tot verlammende vrees. Dikwels is daar ‘n chemiese wanbalans wat beteken die persoon op sy eie kan dit nie hanteer nie.