B1 Binne: Pilatus praat met Jesus oor mag/gesag (19:9-11)
B1 Binne: Pilatus praat met Jesus oor mag/gesag (19:9-11) – Francois Malan
19:9 Pilatus se angs spreek uit sy vraag waar Jesus vandaan kom – uit die hemel of van die aarde? Die vraag is telkens deur mense gevra in hierdie Evangelie (7:27-29; 8:14;9:29-30). Is Jesus mens of god? As Hy werklik ‘n god is, vrees Pilatus vir die straf van die gode op hom. Jesus swyg egter soos die skaap van Jes.53:7 wat stil is voor sy skeerders. Hy het reeds by die eerste verhoor gesê dat sy koninkryk nie van hierdie wêreld is nie (18:36). Daarop het Pilatus skepties gereageer toe Jesus gesê het Hy het gekom om van die waarheid te getuig. Hoe sal Pilatus nou kan verstaan dat Jesus die ware God is? Slegs geloof kan die misterie van Jesus verstaan. (Openb.19:11-13).