Woorde uit die Bybel – Sonde (1)

image_pdfimage_print

A man prone to suspect evil is mostly looking in his neighbor for what hy sees in himself – Baal Sem Tov

 

Woorde uit die Bybel – Sonde (1)

When I use a word it means just what I choose it to mean – neither more nor less – Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

 

Sonde

Na Genesis 1 en 2 is die onderwerp van feitlik elke hoofstuk in die Bybel God se bemoeienis met die sonde van die mens. Maar dit is nou nie ‘n onderwerp waaroor ons graag praat nie. Hoekom nie?

  • Die leer van die sonde is nie juis vleiend teenoor die mens nie. Ons hou nie daarvan nie en daarom maak ons allerlei verskonings. Dit begin reeds by Adam en Eva (Genesis 3:12 ev). Daar is ‘n versoeking om die leer van die sonde af te water. Om oor die sonde te praat, maak ons nederig.
  • Die leer van die sonde spruit voort uit die Bybelse beskrywing van God se heiligheid. Ons sien ons sonde duidelik as ons voor God se heiligheid te staan kom. Luister na Jesaja se reaksie toe God hom as profeet roep: Toe sê ek: “ Dit is verby met my, want ek is skuldig! Ek doen gedurig sonde deur wat ek sê, en nie net ek nie, maar ook die volk by wie ek bly. En nou het ek met my eie oë die Koning gesien, die Here die Almagtige (6:3). Vandag beklemtoon ons God se liefde en deernis, maar skram weg van sy heiligheid en reinheid.
  • Die leer van die sonde word gesekulariseer. Ons praat nog oor die sonde, maar dink nie teologies daaroor nie. Sonde is ‘n oortreding teenoor God, maar ons sien dit as ‘n verbreking van die standaarde van betaamlikheid. In die Bybel is sonde egter ‘n misstap teen God. Ons moet dus aan sonde as ‘n probleem van ons verhouding met God dink.

 Dit is duidelik dat sonde ‘n belangrike onderwerp in die Bybel is. Is dit nie tyd dat dit ook vir ons ‘n belangrike onderwerp word nie?

 

Volgende keer gaan ons na die aard van sonde kyk.

image_pdfimage_print

You may also like...