www.bybelkennis.co.za Blog

Geloofsvrae: Die ekologiese krisis

Geloofsvrae: Die ekologiese krisis – Adrio König

Die ekologiese krisis 

Dit ‘n algemene oortuiging dat die natuur menslike lewe bedreig, en dat een van die waardes van ons kulturele ontwikkeling is dat dit ons teen die dreigende en vyandige natuur beskerm. Onder natuurbedreiginge verstaan ons droogtes, haelbuie, orkane, aardbewings, vuurspuwende berge, en nog baie ander, in Afrika veral ook roofdiere en giftige slange.

Welwillende en vyandige seksisme

Welwillende en vyandige seksisme – Francois Malan

Norma vra:

Ek het dievolgende wat ek moet voorberei vir ‘n werksgroep. Ek het nasorg gedoen, maar soek meer. Die onderwerp is “hostile Sexsim” Vyandige sesisme en “benevolent sexism”welwillende seksisme. Ek is besig om n studie te doen oorbevryding en alhoewel nie een van bostaande iets is waarvan ek vrymaking het nie, is dit my verstandhouding dat ons leier juis daarom vir my die opdrag gegee het. Dit is vir my selfsprkend wat die kenmerke van albei is, en die antwoord vir my is, dat God ons man en vrou gelykstaande gemaak het, omdat ek bewus is daarvan dat die twee uiteenlopende gevalle ‘n groot nagevolg kan hê, want dit lei van die een vraag na die ander waarvan verskeie bindige aangespreek kan word.