www.bybelkennis.co.za Blog

Die Groot Geloofswoordeboek: Sondag; Sabbat

Die Groot Geloofswoordeboek: Sondag; Sabbat

Sondag Eerste dag van die week Sabbat

‘n Misverstand

Die bekende misverstand is dat die Sabbat van die Ou Testament oorgegaan het na die Sondag van die Nuwe Testament. Alles sou net dieselfde gebly het, al die bepalings oor die Sabbat wat ons in die Ou Testament kry, sou nog van krag wees, maar dit sou alles net oorgeskuif het na die eerste dag van die week, Sondag.

Die Groot Geloofswoordeboek: Sonde en genade

Die Groot Geloofswoordeboek: Sonde en genade

Sonde en genade Skepping-sondeval-verlossing Wet en evangelie Koninkryk Verbond

Verskillende groepe het elk hul eie kernbegrippe (sleutels) waar­mee hulle die Bybel probeer “oopsluit”.

Ons het hier vyf sulke sleutelbegrippe of grondmotiewe. Dis veral die *Evangelicals (“Evangeliese Christene” gee nie die teg­nie­se term goed weer nie, maar word dikwels daarvoor ge­bruik) wat “sonde en genade” gebruik terwyl die Gereformeerdes die By­bel probeer oopsluit met die sleutel “skepping-sondeval-ver­los­sing”.

Net soos hy met leë hande die wêreld ingekom het, verlaat hy dit ook weer met leë hande

Net soos hy met leë hande die wêreld ingekom het, verlaat hy dit ook weer met leë hande – Coen Slabber

Ongeveer 30 miljoen stukke bagasie word jaarliks deur lugrederye verloor. Al hierdie stukke wat nie opgeëis word nie, beland uiteindelik in die Unclaimed Baggage Center in Scottsboro, Alabama. Hier kan mense hierdie stukke koop teen winspryse. Een kliënt beskryf dit as ‘n skattejag. Ongeveer 7 000 nuwe items kom elke dag daar aan.