www.bybelkennis.co.za Blog

Die Groot Geloofswoordeboek: Heilig

Die Groot Geloofswoordeboek: Heilig

Hierdie woord word in verskillende betekenisse gebruik. God is heilig, en dit beteken dat Hy anders is as die sondaarmens, dat Hy ander waardes het en anders optree. Dat Hy heilig is, kan beteken dat Hy soos ‘n vuur die sonde verteer (Heb 10:26-31), maar ook dat Hy dit nie oor sy hart kan kry om die volk hulle verdiende loon te gee en hulle te verwerp nie (Hos 11:8-9).

Skatte in die hemel (2)

Skatte in die hemel (2) – Dirk Venter

Helga vra:

Goeie dag, Dankie vir so unieke webblad! Ek moet met klein kindertjies tussen 2 – 7 jaar ‘n lessie doen oor skatte in die hemel bymekaar maak. Is die skatte op hulle vlak meer, liefde te wys, mededeelsaamheid, getrouheid aan God. Hoe verduidelik mens so iets aan klein kindertjies?

Die Groot Geloofswoordeboek: Heiliges

Die Groot Geloofswoordeboek: Heiliges

Heiliges

Die Christene word in die Bybel “heiliges” genoem. (*Heilig, *Heili­ging) In moderne vertalings is dit gewoonlik vertaal met iets soos: mense wat aan God behoort, of mense wat vir God afgesonder is. In ons kerklike taal kry ons dit in die geloofsbelydenis (“Ek glo aan die gemeenskap van die heiliges”) of in die uitdrukking: “Die *volharding van die heiliges.”