www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (4)
Veral onder Evangeliese Christene is geloofsekerheid ‘n baie populêre woord. Dit lei ook geen twyfel dat dit ‘n sterk Bybelse basis het nie. Veral Johannes maak baie daarvan dat ons moet weet dat ons die ewige lewe het (Joh 3:36; 1 Joh 3:1; 5:10-12).
Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (3)
Bekering kan in minstens twee verskillende betekenisse gebruik word: as ‘n eerste bekering, wat beteken dat ‘n mens vir God kies en op Hom begin vertrou, en as ‘n voortgaande bekering, wat baie nou verwant is aan *heiligmaking.
Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (2)
Hoe gebruik die Bybelskrywers hierdie begrippe?
In die Bybel kry ons duidelike aanduidings dat ons dit juis so moet verstaan en nie as een “stasie” (ervaring) na die ander nie. Geen skrywer in die Bybel gebruik al hierdie begrippe nie, en geeneen probeer hulle enigsins in ‘n rytjie agtermekaar sit nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (1)
Heilsweg
- Bekering Geloof Geloofsekerheid Regverdiging (Vryspraak) Regverdigmaking Redding Vergifnis Verlossing Verlosser (Enigste Verlosser) Wedergeboorte (Nuwe lewe)
Oor die *heil self het ons elders nagedink. Dit is in die eerste plek gemeenskap met God. Die heilsweg is die wyse waarop ‘n sondaar deel kan kry aan die heil.
Hier volg eers ‘n algemene bespreking van ‘n paar probleme en daarna word die begrippe in alfabetiese volgorde behandel.