www.bybelkennis.co.za Blog

‘n Tipiese outydse ‘inkopiesentrum’

‘n Tipiese outydse ‘inkopiesentrum’ – Jan van der Watt

Destydse dorpe en stede het ook sentrale besigheidsdistrikte gehad – dit was bekend as die markplein of agora. Opgrawings van stede soos Ostea, Efese, Filippi, Korinte het gewys hoe die markpleine die kern van die stede uitgemaak het.

Krone op horings

Krone op horings – Jan van der Watt

In Openbaring13:1-2 lees ons dat die dier uit die see sewe koppe met tien horings het. Dan lees ons dat op die horings daar krone was. Die vraag is natuurlik hoe jy jou dit moet voorstel – ‘n horing is tog skerp en hoe sit ‘n mens ‘n kroon daarop?

Respek vir ander Godsdienste? Plig, voorreg of probleem?

Respek vir ander Godsdienste? Plig, voorreg of probleem? – Kobus Kok

Louraine vra:

Ek het geen respek vir valse godsdienste nie,wel vir die mens wat daarin vasgevang is. Elia en die Baäl profete(1Kon.18) is vir my die uitstaande voorbeeld van die “respek” wat Elia vir hulle godsdiens betoon het.

Presies wat leer die Bybel in die verband aangesien daar diegene is wat die “New Age” idee bevorder dat alle godsdienste  gelyk is , dat almal maar dieselfde God aanbid ,en dat Christene respek vir ander godsdienste moet hê?

Ek sien  Christenskap ook nie as ‘n godsdiens nie, maar as ‘n persoonlike verhouding met die Here Jesus Christus.