www.bybelkennis.co.za Blog
‘Twas much that man was made like God, long before. But that God should be made like man, much more – John Donne
Verheerlik die Here
Een van die aangrypendste gedeeltes in die Ou Testament is Hanna se gebed in 1 Samuel 2. Samuel is gebore en word nou na die tempel geneem: Ja, van die Here het ek hierdie kind afgesmeek, en nou sal hy sy lewe lank iemand wees wat van die Here afgesmeek is. Daarna volg haar gebed waarin sy die Here verheerlik. Wat gebeur as ons die Here verheerlik? In Hanna se gebed kry ons ‘n paar gevolge:
Laat sy liefde jou lei: Bid met ‘n verwagting! – Milanie Vosloo
Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy gevra het nie. Jakobus 1:5
Jesus se woord bring skeiding (6:60-66) – Francois Malan
6:60 Die dissipels waarvan hier sprake is, is die breër groep volgelinge van Jesus, wat reeds tot Hom aangetrokke gevoel het. Die mense (letterlik: menigte) van 6:22,24, wat van die brood geëet het, en die Jode van 6:41,52, wat gemor het dat Jesus kon sê Hy is brood uit die hemel en dat Hy sy liggaam vir hulle gee om te eet, het skynbaar al klaar vir Jesus verlaat.
Preach Christ … He is the whole gospel. His person. Offices, and work must be our one great all-comprehending theme – Charles Spurgeon
Vier stukkende verhoudings
Die tuin van Eden. Wat ‘n idilliese bestaan vir God en die mens. God het daarvan gehou om saam met Adam en Eva in die tuin te loop. Vra maar vir enige tuinier wat die beste tyd is om in sy tuin te loop – soggens vroeg as die dou nog op die plante is en saans. Dit is ook die tyd wat Jesus dikwels gebruik het om te bid. Gebed is om saam met God in die tuin te loop.