Swaarkry help my

image_pdfimage_print

Courage is more exhilarating than fear and in the long run it is easier. We do not have to become heroes overnight. Just a step at a time, meeting each thing that comes up, seeing it is not as dreadful as it appeared, discovering we have the strength to stare it down. Eleanor Roosevelt

 

Swaarkry help my

Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan u woord (Psalm 119:67)

Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer (Psalm 119:71)

Dit is verbasend dat baie Christene glo dat Christus sy volgelinge teen swaarkry sal beskerm.

As ons in die geskiedenis teruggaan, is dit opvallend dat baie gelowiges deur die eeue eers doeltreffend was nadat hulle gewond is. Wonde bring nederigheid, berou, deernis en ‘n verlange na kennis van God.

 

In sy boek Men Who Met God skryf A. W. Tozer dat hy wens gelowiges vandag weet wat die vroeë Christene bedoel het toe hulle gepraat het van “gewond deur die Heilige Gees.” In elke geslag het die mense wat God gevind het aan die einde van hulleself gekom – hulle het besef dat hulle alleen nie verder kon gaan nie. Nadat hulle hulle hopeloosheid besef het, was hulle bereid om hulleself aan die barmhartigheid en genade van ‘n God wat vergewe oor te gee.

 

Here, moenie dat ek die wonde wat my nederig hou, vermors nie. Doen U groot werk in my en help my om reg te reageer en om alles wat U my wil leer te leer . Amen.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...