Was dissipels gedoop? – Johann Voges

image_pdfimage_print

‘n Leser vra

Was die dissipels gedoop. Waar in die woord word dit bevestig

Dr Johann Voges antwoord

Ons lees nêrens in die Bybel dat enige van Jesus se dissipels gedoop is nie. Jesus is wel gedoop, maar sy doop het niks met die kinderdoop of doop van mense wat tot bekering gekom het te doen nie. Wat ons wel weet is dat die vroeë kerk in die begin wat meestal uit bekeerde Jode bestaan het, naderhand vrae begin vra het oor die doop en besnydenis, soos by eerste vergadering van die kerk waar Paulus aangespreek word omdat hy die heidene wat tot bekering gekom het net doop en nie ook besny het nie.

 Ek stel voor dat jy na ons webtuiste toe gaan (https://www.bybelkennis.co.za) en as jy in die soekfunksie intik “kinderdoop” sal jy sewe artikels kry wat prof Adrio König geskryf het oor die doop onder die titel “Leef uit jou Doop”

 Daar is ook die volgende artikels wat jy verder kan lees oor die doop…

  1. Hoekom moes Jesus gedoop word? – Kobus Kok (https://www.bybelkennis.co.za/hoekom-moes-jesus-gedoop-word/)
  2. Jesus se doop – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/jesus-se-doop-francois-malan/)
  3. Doop in twee verskillende kerke – Hermie van Zyl (https://www.bybelkennis.co.za/doop-in-twee-verskillende-kerke-hermie-van-zyl/)
  4. Verdere aspekte ten opsigte van die doop – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/verdere-aspekte-ten-opsigte-van-die-doop/)
  5. Die betekenis van die doop – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/die-betekenis-van-die-doop/)
  6. Bybelverse wat verkeerd gebruik word: Bekeer julle en word gedoop – dr Coen Slabber (https://www.bybelkennis.co.za/bybelverse-wat-verkeerd-gebruik-word-bekeer-julle-en-word-gedoop/)

Skrywer: Dr Johann Voges

 

image_pdfimage_print

You may also like...