www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Heiliges
Heiliges
Die Christene word in die Bybel “heiliges” genoem. (*Heilig, *Heiliging) In moderne vertalings is dit gewoonlik vertaal met iets soos: mense wat aan God behoort, of mense wat vir God afgesonder is. In ons kerklike taal kry ons dit in die geloofsbelydenis (“Ek glo aan die gemeenskap van die heiliges”) of in die uitdrukking: “Die *volharding van die heiliges.”
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Heilige Gees
Heilige Gees
(*Goddelikheid van die Heilige Gees)
- Ou Testament Nuwe Testament
Ons kry eintlik twee beskouings oor die verhouding tussen die Gees van God en God in die Ou Testament. Die een is dat die Gees eintlik net die krag van God of God-in-aksie is. Die ander is dat die Gees alreeds ‘n Goddelike Persoon naas God die Vader is.
Die Groot Geloofswoordeboek: Genade en Genadetyd
Genade
• Algemene genade • Besondere genade
“Genade” is een van die kernwoorde van die *evangelie. Daar is mense wat meen dit gaan eintlik in die Bybel oor wat die Here nie wil hê ons moet doen nie. En daar is natuurlik ’n tikkie waarheid daarin. Maar die moeilikheid is dat ons dit toe wel gedoen het. Wat nou?
Die Groot Geloofswoordeboek: Gereformeerd en Hervormd
Gereformeerd • Hervormd
Die woorde “gereformeerd” en “hervormd” kom voor in die name van kerke, soos die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die Gereformeerde Kerk, en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. (*Afrikaanse kerke)