www.bybelkennis.co.za Blog

Die Groot Geloofswoordeboek: Fundamentalisme

Die Groot Geloofswoordeboek: Fundamentalisme

Die Fundamentalisme gaan van die standpunt uit dat die Bybel die Woord van God is en daarom onfeilbaar moet wees. God is immers onfeilbaar; daarom moet sy Woord dit ook wees. As daar een en­ke­le fout in die Bybel is, word alles onseker; dan kan enige ander deel ook foute in hê en dan is ons van niks meer seker nie; dan kan ons selfs vir God nie meer vertrou nie.

Die Groot Geloofswoordeboek: Feminisme

Die Groot Geloofswoordeboek: Feminisme

  • Evangeliese Feminisme Kritiese Feminisme Radikale Feminisme

Vir eeue lank – trouens, so ver as die menslike geheue teruggaan – is dit ‘n algemene verskynsel dat vrouens nie gelyk aan mans be­­han­del word nie, en in baie gevalle fisiek en emosioneel on­derdruk is.

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (4)

Sleutels wat die antieke wêreld oopsluit (4) – Kobus Kok

Eer en skaamte as die primêre waardes van die antieke tyd

Nou die dag ry ek in Sandton rond. Oral om my sien ek duur luukse motors en advertensies langs die pad wat die belangrike ekonomiese waardes van ons tyd weerspieël. Elke tweede advertensie op die televisie gaan oor beter klere wat jy kan dra, beter parfuum wat jou meer aanloklik gaan maak en ʼn beter motor wat die koppe sal laat draai en jou ouers sal trots maak.

Die Apokriewe Boeke (15)

Die Apokriewe Boeke (15) – Jan van der Watt

Die invloed van die apokriewe boeke moet nie onderskat word nie. Die Christendom is nou min of meer 2000 jaar oud en vir verreweg die langste deel hiervan – tot ongeveer 1500/1600 nC – was die Ou-Testamentiese apokriewe deel van die Bybel. Daarna is dit deur die Protestante uit hulle Bybel uitgehaal, maar dit het nog steeds deel van die Rooms-Katolieke Bybel gebly.