www.bybelkennis.co.za Blog
You can’t do anything about the length of your life, but you can do something about its width and depth. -H.L. Mencken, (1880-1956)
Psalm 119:51
Ek moes die felle spot van hovaardige mense verduur, maar van u wet het ek nie afgewyk nie (NAV)
Vermeteldes het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie (OAV)
Selfs al spot slegte mense met my, hou ek nie op om te doen wat U sê nie (Die Boodskap)
What! At peace with the Father, and at war with His Children? It cannot be. —John Flavel
Levitikus: Moet ons die boek nog lees? (2)
In die vorige blog het ons na sekere misverstande oor die Bybel gepraat. Vandag kyk ons na die vraag: Ou Testamentiese wette: Hoekom is hulle daar?
Wat ons Ou Testamentiese wette noem, beteken gewoonlik dat hulle uit die eerste vyf boeke van die Bybel kom – die tora. Die woord tora beteken nie werklik wet nie, maar onderrig of leiding – die tora lei sy oorspronklike ontvangers. Dit lei ook vir ons, want dit plaas die wette en opdragte in die raamwerk van ‘n verhaal.
There is nothing more important to learn about Christian growth than this: Growing in grace means becoming like Christ. —Sinclair Ferguson
Wees sterk, werk hard, onderrig ander
Dra jou deel van die ontberings soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus (2 Timoteus 2:3)
Grete Waitz van Noorweë stel ‘n wêreldrekord op in die eerste maraton waaraan sy deelneem. Sy was die houer van die wêreldrekord in die 3 000 meter, maar het nog nooit vantevore ‘n maraton gehardloop nie. Toe sy in 1978 eerste die wenstreep in die New York maraton bereik, het niemand geweet wie sy is nie. Sy wen nege New York maratons – iets wat niemand haar nog nagedoen het nie.
“Preaching the gospel is to us a matter of life and death; we throw our whole soul into it. We live and are happy if you believe in Jesus and are saved. But we are almost ready to die if you refuse the gospel of Christ.”- C.H. Spurgeon,
Levitikus: Moet ons die boek nog lees? (1)
In 2007 skryf A. J. Jacobs ‘n topverkoper: The Year of Living Biblically: One Man’s Humble Quest to Follow the Bible as Literally as Possible. Gedurende die jaar probeer hy die meer as 700 opdragte wat hy in die Bybel kry, nakom. Om die Bybel letterlik te verstaan, beteken nie noodwendig dat jy dit ernstig opneem nie. Rachel Held Evans volg vir ‘n jaar lank al die Bybelse opdragte wat vrouens raak. Daarna publiseer sy ‘n boek: A Year of Biblical Womanhood. Sy kom tot die gevolgtrekking dat niemand die Bybel letterlik kan verstaan nie – dit is onmoontlik en dwaas om dit te probeer doen.